Praat van ’n nagmerrie! ’n Britse radioverslaggewer is onlangs rooigesig gelaat toe ’n onderhoud met die Hollywood-aktrise Jennifer Aniston lelik skeefloop.

Jen het die onderhoud toegestaan om te gesels oor haar nuwe fliek, Horrible Bosses 2. Wat Chris Stark (27) nie geweet het nie, is sy kollega die BBC Radio 1-platejoggie Scott Mills (40) het gevra die aktrise moet hom ’n poets bak.

Chris het al ’n onderhoud met Jennifer gevoer, maar niks kon hom voorberei op hul jongste ontmoeting nie.

Die onderhoud het goed begin. Dis natuurlik tot die 45-jarige aktrise, wat verloof is aan die akteur Justin Theroux (43), haar rol begin speel het en ongemaklik begin raak het toe hy haar uitvra oor hoe sy ’n man sou boul as sy in hom belangstel.

Arme Chris het byna in trane uitgebars toe Scott later sy verskyning maak en onthul dit was alles deel van ’n poets. Jen moes skoon nader staan met sneesdoekies en ’n drukkie. Kyk die skreeusnaakse video hier: