.

Die twee het voorheen hul trouplanne opsygeskuif omdat hulle te besig is, maar die planne is glo nou weer op dreef.

’n Bron het aan die MailOnline gesê die paartjie, wat vandeesweek in Los Angeles die eerste keer saamgesien is sedert hul trouplanne op ys gesit is, het Desember in gedagte en het eindelik besluit waar hulle ewig trou aan mekaar wil beloof.

’n Bron het gesê: “Jen en Justin kon net nie besluit waar hulle moet trou nie. Jen het nog altyd gesê LA is haar eerste keuse en Justin het nou ingestem om in Kalifornië af te haak. Eintlik wou hy aan die Ooskus trou; dis waar sy vriende en baie van sy familie woon, dis waar hy Jen die jawoord gevra het en dis waar hy die gemaklikste is.”

Die twee kan glo ook nie besluit waar hulle ná die troue moet bly nie. “Al glo mense die teendeel, haat Jen nie New York nie. Sy het daar studeer, maar nou is dit te intens vir haar.

“Sy wil baie graag trou waar sy die gelukkigste voel. Hulle gaan nie in hul herehuis in Bel Air woon nie, maar sal die huis waarskynlik gebruik vir ’n intieme seremonie.

“Die laaste tyd werk Justin baie hard daaraan om Jen te oortuig hy wil regtig met haar trou. Dinge moes net ’n bietjie op halt gesit word omdat sy loopbaan die laaste ses maande op dreef gekom het en sy kon nie besluit watter soort troue sy soek nie. Nou het hulle vordering gemaak en kan hulle hopelik voor die einde van die jaar trou.”