Bronne sê Jennifer Aniston wil bitter graag ’n baba hê, al verklap sy niks daarvan wanneer sy in die openbaar is nie.

Die ster van We’re the Millers (44) probeer glo sedert haar verlowing aan die akteur Justin Theroux (42) in Augustus verlede swanger raak. Sy is gefrustreerd omdat dit nie gebeur nie.

’n Bron het aan MailOnline gesê: “Dis besig om ’n bron van irritasie vir Jen te word . . . om haar op moederskap voor te berei gaan sy vir die volgende paar maande nie werk nie. Sy gee voor gissinge daaroor pla haar nie en steek haar wanhopige behoefte na ’n baba weg.”

Die paartjie se troue sal dalk weens werkverpligtinge uitgestel word. Hoewel vriende wonder of hulle ooit tot trou sal kom, het Jennifer glo begrip daarvoor.

Die voormalige Friends-aktrise het onlangs gesê hulle het nog nie ’n vaste datum vir hul troue nie omdat hulle vir ’n perfekte tyd wag. Hulle wil trou wanneer hulle dit nie wil afjaag om iewers te gaan werk nie. Hulle is ook nie haastig nie.

“Ons voel getroud,” het sy gesê. “Daar is geen gekanselleerde troues nie. Daar is uitgestelde troues. Daar was geen argumente oor waar om te trou nie. Ek maak dit net duidelik.”