Jeanine Victor (23) en haar verloofde, Wynand Swart (25), het Maandag in sosiale media aangekondig hulle gaan hul nuweling Zelmay noem. “Ons is opgewonde. Ons het dié naam gekies omdat dit vir ons mooi is,” het Jeanine Dinsdag aan Huisgenoot.com oor die benaming van hul pienkvoet vertel. Sy is nou 16 weke swanger. Op die Instragram-inskrywing wat spog sy met van die bederfies vir die kleinding.

Die paartjie verwag Zelmay, hul eersteling saam, in Augustus. Hulle beplan om eers ná haar koms af te haak.

Jeanine, wat ’n seun, Shaun-Michael (3), uit haar vorige verhouding met die sanger Ray Dylan het, het vroeër aan Huisgenoot vertel sy gaan voort met haar lewe ná Ray en sy fokus nou op haar nuwe gesin.

[caption id="attachment_119637" align="alignnone" width="600"]Jeanine, haar verloofde, Wynand Swart en klein Shaun-Michael. Foto: Fani  Mahuntsi Jeanine, haar verloofde, Wynand Swart en klein Shaun-Michael. Foto: Fani Mahuntsi[/caption]

Jeanine het vertel die geslag van die nuwe kleinding maak nie saak nie, “solank die baba welgeskape en volmaak is, is sy gelukkig”.

Jeanine en Wynand, ’n oudrugbyspeler vir die Pumas en deesdae gehaltebestuurder by ’n ingenieurs- en boumaatskappy, het in 2014 deur gemeenskaplike vriende in Pretoria ontmoet.

Lees ook: Jy sal nie glo by watter gewilde Afrikaanse sangeres het die ooievaar kom kuier nie!

Hy het haar op 19 Desember by sy ouerhuis in Standerton die jawoord gevra waarna hulle in Mosambiek gaan vakansie hou het.

Wynand het met hul terugkeer in Januarie tydens ’n onderhoud met Huisgenoot by hul meenthuis in Rooihuiskraal, Centurion, vertel hy aanvaar Shaun-Michael soos sy eie kind en sal graag “nog twee of drie” boeties en sussies tot hul gesin wil toevoeg.

En as ’n mens die lewenslustige en aktiewe knapie so kyk, kan jy net dink hy kan skaars wag vir klein Zelmay se opwagting sodat hy iemand het om mee te speel.

– Jana van der Merwe

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk om watter roerende rede speel die Bulls in pienk

Vierjarige seun van Roodepoort gee eerste treë op herstelpad

‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof