’n Ondersoek Maandag deur ’n ortopediese chirurg het gewys hy moet ’n knie-rekonstruksie ondergaan.

Daar was gister nog onsekerheid oor wanneer die operasie sou plaasvind, aangesien sy derde kind se geboorte baie naby is. Sy vrou, Marlie, sal na verwagting die naweek kraam.

’n Woordvoerder het gister gesê die gesin het ’n situasie probeer vermy waar die Springbok-kaptein geopereer word terwyl sy eerste seun gebore word. Maar die kans dat Jean volgende jaar in die Wêreldbeker-rugbytoernooi sal kan speel, is ten spyte van vandag se operasie steeds skraal. “Dié soort operasie is amper altyd suksesvol; dit is die voorbereiding van ’n atleet op sy vlak wat die werklike uitdaging is,” het die top-sportdokter dr. Jon Patricios gesê.

“Dié soort operasie is amper altyd suksesvol; dit is die voorbereiding van ’n atleet op sy vlak wat die werklike uitdaging is,” het die top-sportdokter dr. Jon Patricios gesê.

“Die hersteltydperk is baie langer en amper so belangrik soos die operasie. In dié tyd moet die atleet herstel en weer oefen om rats genoeg te wees om ’n senter te wees. Dit gaan baie moeite verg om hom weer op sy beste te kry, veral vir ’n groot toernooi soos die Wêreldbeker.”

Dit is nie eerste besering wat Jean buite aksie laat nie.

Hy het in 2002 sewe minute ná sy Springbok-debuut in Marseille sy knie beseer en voor sy tweede toets, tydens die 2003-Wêreldbekertoernooi, het hy sy skouer in ’n opwarmingswedstryd beseer.

Hy het ook in 2007 tydens sy eerste wedstryd in die Wêreldbekertoernooi ’n besering opgedoen wat hom die res van die toernooi uitgesluit het, terwyl hy die Bokke se kwarteindstryd teen die Wallabies in die 2011-Wêreldbekertoernooi ook weens ’n besering moes misloop.

“Dit was baie moeilik, maar daarsonder sou ek nie wees waar ek vandag is nie,” het Jean vroeër vanjaar op die vooraand van sy 100ste toets oor sy beserings gesê.

Bron: Times LIVE