Op Dinsdag 1 November is in die Port Elizabethse hof grafiese uitbeeldings voorgelê wat daarop dui dat Jayde gehurk gesit het toe sy deur twee koeëls in die rug getref is. Waarskuwing: Dit kan sensitiewe lesers ontstel. Lees ook: Tien goed wat jy moet weet oor Christopher Panayiotou

Jayde se man, Christopher Panayiotou, word verhoor as die vermeende baasbrein agter die ontvoering van en moord op sy vrou. Sy medebeskuldigdes is Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko. Lees ook: Christopher Panayiotou ontken die moord op sy vrou ten sterkste Volgens getuienis wat Dinsdag in die hof aangehoor is, was Jayde se linkerhak effe van die grond af gelig. Dit het die polisie in staat gestel om 'n enkele voetafdruk te bekom.

Die gebrek aan merke op die knie-gedeelte van haar sweetpakbroek versterk die getuienis dat sy op haar hurke was toe sy geskiet is.
Die bloeddruppels wat op Jayde se wit Nike-tekkies gevind is, is afkomstig van die koeël se uitgangspunt in haar borskas.
Daarna het Jayde agteroorgeval tot waar sy in die posisie beland het waarin die polisie haar gekry het.
Woensdag, 2 November, is ook Christopher Panayiotou se 30ste verjaardag.
Sy familie het dit gevier deur vir hom 'n koek na die hof te bring.