Jay skare 2

“Daar is dinge wat mens frustreer,” erken hy. “Natuurlik is daar, maar wanneer ek op die verhoog is verdwyn dit heeltemal.”

Lees ook: Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

Die pa van drie woelwater seuns, Aidan (9), Samuel (6) en Luka (2) sê dit is maar moeilik om so dikwels weg van die huis te wees. “Soms kom ek by die huis en hulle slaap al en ander kere kom ek dalk vroegoggend by daar en hulle moet oor ’n uur of twee voor hulle opstaan, maar dan is ek so moeg ek kan nie wag tot hulle wakker word nie.”

Ons gesels met Jay agter die verhoog by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn waar hy vir een aand kom optree het.

Op 39-jarige ouderdom lyk hy nog net so sexy soos altyd in sy jeans, T-hemp en kenmerkende pet.

Hy vat-vat aan sy ribbes wanneer jy hom vra hoe dit met hom gaan nadat hy verlede Augustus van ’n perd afgeval het op ’n jagplaas naby Zastron.

“Ek het my ribbes verlede naweek weer gekraak,” sê hy dan. “Ons het so bietjie aan die stoei geraak ná die Afrikaans is Groot-konsert," vertel hy skamerig.

Hy wil nie verklap met wie hy “gestoei” het nie en lag net oor groot manne wat soms nog soos kinders kan speel. “Dit het maar gebeur omdat dit in die ongeluk seergekry het.”

Jay sê hy was maar net ongelukkig met die val. “Wanneer mens perd ry gaan jy maar een of ander tyd val. Die vraag is net hoe seer gaan jy kry. Ek het in ’n klomp klippe geval. Met my gesig en al.”

Hy het destyds sy oogbank gebreek, ’n ooglid geskeur en sy niere en ribbes in die val gekneus. Hy moes onlangs ook vir ’n knie-operasie gaan nadat hy later agtergekom het sy knieskyf ook in die ongeluk beseer is.

Lees ook: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’ – Erik Holm

Gelukkig het hy glad nie ’n vrees vir perde ontwikkel nie en het hy al weer aan gymkhana deelgeneem.

Intussen sing hy die verhoog steeds aan die brand en sien hy uit na die nuwe album, Vir Liefde, wat hy en Liani May onlangs bekendgestel het.

[caption id="attachment_121101" align="alignnone" width="600"]Jay gaan nêrens sonder sy klein potjie Zambuck nie. Foto: Peet Mocke Jay gaan nêrens sonder sy klein potjie Zambuck nie. Foto: Peet Mocke[/caption]

Is daar enige rituele wat Jay oor die jare aangeleer voor groot optredes?

“Nee, nie regtig nie. Maar die een ding wat ek het is my Zambuck wat ek altyd by my het. Ek het oor die jare amper verslaaf geraak daaraan. As ek op die verhoog is en ek voel nie die klein ronde potjie in my sak nie, voel dit net nie reg nie.”

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: ’n Bok ry staan-staan op dié wonderlike donkie se rug?

Kyk: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!