Ná vier jaar se harde werk en ure se beplanning is Jay se debuutalbum, Solo, uiteindelik nou op die winkelrakke beskikbaar.

Die album spog met 13 snitte waarvan Jay en Ewald Coleske die meeste van die liedjies geskryf het. Hulle het wel top-liedjieskrywers se hulp soos Riana Nel, Dewald Wasserfall en Jay se mede Eden-lid Johan Vorster ook ingeroep.

Daar is ook twee duette saam met Liani May waaronder die treffer Toe Stop My Hart wat vir liedjie en musiekvideo van die jaar by die Rapport Vonk toekennings genomineer is.

“My musiek is bietjie anders as die van Eden maar daar is tog hier en daar iets wat dieselfde is, “ vertel Jay trots.

Die album spog met lekker-luister Afrikaanse liedjies en daar word selfs bietjie met rock klanke geëksperimenteer.

“Dis ‘n album met iets vir almal en daar is selfs ‘n lekker opwindende maar effens stoute liedjie,” verklap Jay.