Die sanger Jay du Plessis het vanjaar weggestap met twee beeldjies by die Huisgenoot-Tempo-toekennings en só bewys dat hy ‘n bobaas sanger is.

Maar dit is nie al waarmee Jay goed is nie. Hy is ook ‘n uitstekende pa vir sy twee seuntjies, Aidan (4) en klein Samuel (19 maande). Dié tweetjies is ooglopend mal oor hom.

Net vier jaar gelede was hy nog ’n losloper, lid van die groep Eden en ’n man wat die meisies wilde drome laat droom het.

Maar hoewel vroue steeds lam in die knieë word oor die man met die stoute sprankel in sy oë, het hy deesdae net oë vir sy gesin.

“Net omdat ek ’n popster is, beteken dit nie ek kan nie ook ’n goeie pa wees nie,” het Jay aan ons vertel in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Lees meer in die uitgawe van 28 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.