“Dis nog ’n boetie! Klein wonderwerk! Ons is so blessed, hy’s gesond! @miaduplessis #GiG,” het hy op Twitter geskryf by ’n sonarfoto van die nuweling.

Jay se vrou, Mia, het ook op Twitter die nuus gedeel. “Liewe Jesus het besluit om vir ons nog ’n boetie te stuur... Mamma gaan haar hande vol hê met al die handsome manne #blessed #happy.”

“Ek weet nie wat om te sê nie! Ek is baie bly en dit is hoe dit moet wees. Die baba is gesond, dis die belangrikste,” het sy aan Huisgenoot vertel. Sy is nou 13 weke swanger.

Hulle twee ander seuns, Aidan (7) en Samuel (4) het ook gebid vir ’n dogtertjie. “Ek gaan hulle nou vertel. Ek dink Aidan gaan teleurgesteld wees, want hy wou graag ’n sussie gehad het,” sê Mia.

Maar nou sal hulle saam met die nuweling kan gaan visvang en met hul trokke speel. “Ek moet nou maar leer jag en ’n geweer vashou. Ek moet nou ingee,” sê sy.

“Ek is nou amptelik ’n seuntjie-mamma en ek weet hulle gaan my mooi op pas.”

Die country-sangeres, Chereé Strydom, het op Jay se twiet gereageer. “Baie geluk julle! Wow! Mommy surrounded by testosterone!”

jay-baba