Die 47-jarige akteur was besig met die verfilming van die jongste aflewering in die aksiefliekreeks toe die vragmotor wat hy bestuur het se remme ophou werk. Jason is toe byna 20 m diep in ysige water gedompel toe die waagtoertjie skeefloop.

'Hy het ’n 3 ton-vragmotor toetsbestuur en die remme het ophou werk.'

“Die dood het hom in die gesig gestaar. Hy het ’n 3 ton-vragmotor toetsbestuur en die remme het ophou werk,” het sy medester Sylvester Stallone aan die Britse koerant The Mirror verduidelik.

“Dit het 18 m in die Swartsee gesink en is deurboor.

“Gelukkig het ons vooraf die deure afgehaal. Enigeen anders in daardie vragmotor sou gesterf het, want ons het almal swaar stewels en pistoolbelts aangehad.”

Dit was net Jason se bestuursvermoë wat hom gered het.

Voor hy bekend geword in 1998 se Lock, Stock and Two Smoking Barrels, het Jason naam gemaak as sierduiker en het by die Statebondspele in 1990 vir Engeland deelgeneem.

“Ons sou verdrink het, maar omdat Jason ’n duiker van Olimpiese gehalte is, kon hy daaruit kom,” het Sylvester onthou.

Jason was nie al akteur wat op die stel ’n ongeluk gehad het nie.

Sylvester het onthul hy moes ’n metaalplaat in sy rug laat sit nadat hy tydens ’n val sy rug beseer het.

“Ek bepaal gewoonlik die gehalte van die fliek volgens die intensiteit van die besering,” het hy gesê.

“In hierdie een het ek lekker hard op my rug geval en moes eindelik ’n plaat metaal in my rug laat sit. As julle dus iets hoor raas, is dit nie my skoene nie, dis my rug!”

© Cover Media