Die saak teen Jason is na die Kaapstadse hooggeregshof oorgeplaas. Die voorlopige voorverhoordatum is 18 Augustus. Die staat het bevestig dat die polisie hul ondersoek afgehandel het.

Soos tussen die partye ooreengekom, sal die verhoor op 9 Oktober 2017 in die hooggeregshof 'n aanvang neem.

Agtergrond

Susan Rohde (45) se lyk is op 24 Julie 2016 in 'n badkamer op die Spier-wynlandgoed naby Stellenbosch gevind. Die miljoenêrspaartjie van Bryanston, Johannesburg, het daar tuisgegaan terwyl hulle 'n konferensie bygewoon het. 

Jason, Susan se man, was in daardie stadium die uitvoerende hoof van die eiendomsagentskap Geffen International Realty Franchises, ’n afdeling van Sotheby’s, in die Goudstad.

Susan is met die koord van ’n haartang om haar nek gevind. Die staat voer aan sy is met die kaal hande verwurg, terwyl Jason se span sê sy het haar eie lewe geneem.

Dié twee het na bewering ’n verhouding aangeknoop nadat die vrou Jason met die aankoop van ’n eiendom gehelp het.

Landdros Greg Jacobs het destyds beslis die lys van staatsgetuies mag nie aan die media bekendgemaak word nie.

Luidens berigte gaan Jason se vermeende minnares, Jolene Alterskye, glo ’n staatsgetuie in die moordsaak teen hom wees.  

Dié twee het na bewering ’n verhouding aangeknoop nadat die vrou Jason met die aankoop van ’n eiendom gehelp het. Susan het haar man glo in Februarie of Maart 2016 daarooor gekonfronteer. Hy het glo erken hy het 'n verhouding en het na bewering gesê hy sal dit beëindig.

“Hulle kon ons net die goed gevra het. Ons sou dit oorhandig het,”

Leon van der Merwe, Jolene se prokureur, het bevestig die polisie het op sy kliënt se elektroniese toerusting beslag gelê. Die toerusting sluit in ’n rekenaar, selfoon en ander toerusting waarop data geberg kan word.

“Hulle kon ons net die goed gevra het. Ons sou dit oorhandig het,” het Leon gesê.

Die staat het ook bevestig dat Jason van ’n skedule 5-misdryf aangekla word en nie skedule 6 nie. Vyf sluit moord in, terwyl ses moord met voorbedagte rade insluit.

26 Julie 2016: Eerste nadoodse ondersoek op Susan

Susan is in die gesig en op die lyf geslaan voordat sy verwurg is. Dit is van die bevindings wat aan die lig gekom het ná 'n lykskouing op 26 Julie 2016 deur dr. Akmal Khan, ’n mediese spesialis vir die staat.

In die verslag is ook aangedui Susan was nie regop of het nie gehang toe sy sterf nie.

’n Onvolledige wurgmerk (ligature mark) aan haar nek dui na bewering daarop dat die koord om haar nek gesit is nadat sy reeds dood was.

Nog bewerings wat in die verslag vervat word:

  • Daar was krapmerke onder Susan se kakebeen;
  • Verskeie bebloede plekke in haar nek;
  • ’n Fraktuur aan haar skildklier se kraakbeen, wat kan dui op “verwurging met die hand”;
  • Beserings aan haar gesig en lyf;
  • Frakture aan haar derde, vierde en vyfde rib wat suggereer dat sy voor haar dood geslaan is;
  • Kneusplekke aan haar bobene wat daarop dui dat sy sowat 'n week voor haar dood met ’n stomp voorwerp beseer is.

Jason se regspan het gevra dat die staat die verslae in sy besit vir die verdediging beskikbaar stel. Een daarvan is dié van die nadoodse ondersoek, waarin glo staan Susan is voor haar dood geskop en geslaan. Die landdros het nie die versoek toegestaan nie omdat die staat nie verplig is om dit te oorhandig nie.

Die destydse staatsaanklaer, adv. Carine Teunissen, het beklemtoon hulle moet dié verslae net oorhandig “as die staat ’n swak saak het”.

28 Julie 2016: Jason word deur dokter ondersoek

Jason is deur speurders verbonde aan die Stellenbosse eenheid vir ernstige misdade geneem na die Victoria-hospitaal in Wynberg, waar hy deur dr. Marianne Tiemensma ondersoek is. Sy regsverteenwoordiger en speursers. Marlon Apppolis was ook teenwoordig.

Die krapmerke het nog nie tekens van genesing getoon nie.

Jason het twee oppervlakkige krap- of liniêre merke op sy rug gehad. Die boonste een was 20 mm lank en 1 mm breed. Die een reg onder dit was sowat 30 mm lank en 1 mm breed. Die krapmerke het nog nie tekens van genesing getoon nie.

Sy het ook ’n “vars” snymerk aan sy linkermiddelvinger opgemerk. Hy het glo gesê hy het hom met ’n glasblompot gesny.

15 Augustus 2016: Jason reik dié verklaring uit

1 Augustus 2016: Tweede nadoodse ondersoek op Susan

’n Onafhanklike forensiese deskundige, dr. Reggie Perumal, het volgens News24 op dié dag op Jason se versoek weer Susan se lyk ondersoek.

Volgens ’n betroubare bron was daar nog verskeie beserings aan haar liggaam wat gelyk het of dit nog besig was om gesond te word.

Daar word verwys na ’n kneusing van 26 x 16 cm op haar regterbobeen en een van 7,5 x 4,8 cm op haar linkerbobeen.

In die verslag word glo ook ’n diep, nuwe kneusing aan haar tong uitgewys.


Die bron het ook melding gemaak van verskeie meer onlangse beserings aan haar nek, linkerskouer, die linkerkant van haar een wenkbrou, onder en agter haar regteroor, op ’n vinger en kneukel van haar linkerhand, linkergewrig, linkervoorarm, ’n toon aan haar linkervoet, en ook aan haar nek, kakebeen en ken.

In die verslag word glo ook ’n diep, nuwe kneusing aan haar tong uitgewys. Haar ribbes, twee tot vyf aan haar linkerkant en drie tot ses aan haar regterkant, asook ’n gedeelte van haar borsbeen, was gebreek.

4 Augustus 2016: Die klag word aangepas

Die ondersoek na Susan se dood word verander na ’n moordondersoek.

23 Augustus 2016: Die inhegtenisneming

Jason word by sy huis in Bryanston in hegtenis geneem.

25 Augustus 2016: Stellenbosch

Die beskuldigde verskyn vir die eerste keer in die landdroshof op Stellenbosch.

25 Augustus 2016: Aanklag

Jason word aangekla van moord.

30 Augustus: 2016: Aansoek om borgtog

30 September 2017: Borgtogvoorwaardes word aangepas

Ten spyte daarvan dat die nasionale vervolgingsgesag van mening is dat Jason geen wesenlike rede het om terug te gaan Johannesburg toe nie, het die hof op Vrydag 23 September 2016 goedgekeur dat hy daarheen kan terugkeer.

27 Januarie 2017: Jason se borgtog word verleng

30 Junie 2017: 'n Nuwe staatsaanklaer

Adv. Louis van Niekerk, wat as een van die staat se topstaataanklaers beskryf word, tree vandag vir die eerste keer in die saak teen Jason op. Hy vervang Theunissen, wat tot nou toe die staat in die saak teen Jason verteenwoordig het.

Bronne: iol.co.za, news24.com, netwerk24.com