Die Janken-robot, wat genoem is na die speletjie se Japannese naam, is aan die Universiteit van Tokio ontwikkel. Dié robot is selfs vinniger as die vorige weergawe wat sowat ’n jaar gelede deur dieselfde span ontwikkel is.

Die robot se blitsvinnige bewegings maak gebruik van hoëspoed-herkenning-en-reaksie, pleks van voorspelling. Janken vorm sy keuse op byna presies dieselfde oomblik as sy menslike teëstander.

Binne net ’n millisekonde (’n duisendste van ’n sekonde) kan hy herken watter vorm sy teëstander maak en die wenbeweging uitvoer. Die eerste weergawe het sowat 20 millisekondes nodig gehad.

Maar is dit nie verneuk nie?!

Kyk net hier hoe vinnig is Janken:

Bronne: orangenews.uk, youtube.com