Die oomblik toe hy homself aan die brand steek, het die treinkajuit met rook gevul.

Die Japannese owerheid het bevestig die man is dood en nog ’n passasier het aan rookinaseming beswyk.

Mediabronne berig nog nege mense is in die voorval beseer. Die motief vir die man se optrede is nog nie bekend nie, maar daar word vermoed hy wou homself om die lewe bring.

Die trein was van Tokio na Osaka onderweg. ’n Passasier het ’n noodknoppie gedruk toe hy iemand naby die toilet gewaar wat weens rookinaseming beswyk het.

Die treindiens is sowat twee en ’n half uur gestaak terwyl noodpersoneel na beseerde passasiers omgesien het.

Bronne: Time, SkyNews