Die brug, die derde grootste van sy soort ter wêreld, lyk vreemd verby omdat motoriste dit teen ’n steil invalshoek oorsteek. Die brug het ’n ongemaklike hoë middelpunt – ’n ongewone ontwerp wat bote in staat stel om onderdeur verby te gaan.

Die brug strek vanaf die Nakaumi-meer en verbind die stede van Matsue en Sakaiminato. Japanse owerhede hou vol die ontwerp is veilig en is met goeie rede so gedoen. Daar is in 1997 met bouwerk begin, maar die brug is eers in 2004 vir verkeer oopgestel.

En waaghalse wees gewaarsku: Jy kan nie oor die brug jaag nie, omdat ’n spoedbeperking van 40 km/h streng toegepas word.

Bronne: Mail Online; Mirror.co.uk