Drie maande nadat hy van ’n dak afgeval het en drie weke lank in ’n koma was, het hy gisteraand by die Innibos-kunstefees in Nelspruit opgetree.

“Dis wonderlik om weer voor mense op te tree. Ek het dit gemis,” het ’n vrolike Jannie ná die vertoning gesê.

Jannie het op 6 April tydens ’n ramparty van ’n restaurant se dak in Hartbeespoort afgeval en het beserings aan sy gesig en hand opgedoen.