Hy sing vir sy brood; sy sing net in die stort.

Terwyl hy gehore aan sy voete het, is sy kliphard besig om tande te bestudeer. En wanneer aanhangers ná ’n optrede om Jannie Moolman saamdrom, raak die nuwe vrou in sy lewe steeds senuagtig oor sy roem.

“Ek’s maar net ’n plaasmeisie,” sê Melissa-Jo Sharpe, ’n derdejaar-tandheelkundestudent.

“Maar ek luister graag na sy musiek. Ek besef ook sing is sy werk. Maar wanneer hy by die huis is, is hy net my liefie.”

Lees meer in die nuutste uitgawe.