Die sanger word vanmiddag geopereer om beenbreuke rondom sy oogbank te herstel.

Sy meisie, Melissa-Jo Sharp, en van sy familielede waak amper deurgaans by sy bed. Hulle het waardering uitgespreek vir die wense vir spoedige beterskap van ondersteuners en uit die vermaakbedryf.

Volgens ’n woordvoerder, Barnard Beukman, sal die familie ná die operasie weer ’n verklaring uitreik om te laat weet hoe dit met hom gaan.

Jannie is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat hy Saterdagaand by ’n vriend se ramparty drie meter ver van ’n dak van die Mango-restaurant-en-kroeg in Hartbeespoort geval het.

- Suzanne Venter