Jannie Moolman is uit die hospitaal ontslaan en sterk aan by sy huis in Johannesburg.

Luidens ’n mediaverklaring is dokters tevrede met sy vordering nadat hy ’n maand gelede vermoedelik by ’n ramparty van ’n restaurant in Hartbeespoort se dak afgeval het.

“Hy het nog ’n herstelfase van etlike weke voor en ontvang steeds mediese behandeling,” lui die verklaring.

“Hy het beenfrakture in sy gesig en linkerhand opgedoen, waarop twee afsonderlike operasies uitgevoer is.

“ ’n Derde operasie was aan ’n sny naby sy linkeroog.”

– Christiaan Boonzaier