Die betrokke medici het ook aangedui dat daar nie verdere ernstige skade aan sy sinus, beseerde oog of ander dele van sy gesig is nie.

“Ons is baie tevrede met sy vordering,” het sy meisie, Melissa-Jo Sharpe, gisteraand gesê.

Vroeër vandeesweek het hy ook ’n suksesvolle operasie aan ’n gebreekte arm ondergaan.

- Suzanne Venter