Volgens sy woordvoerder, Hetta Saunderson, het hy 3 m grond toe geval en sy oogbeen, wangbeen, mond, linkerhand en “alles aan sy linkerkant” gebreek.

“Daar is ook merke aan sy regterkant. Ons vermoed iemand het hom gestamp, maar dis nog net bewerings,” sê sy. “Op die oomblik weet net Jannie wat gebeur het.” Hetta het bevestig dat daar nog nie tekens van breinskade is nie en dat hy reeds geopereer is, maar dat dokters Jannie onder verdowing hou totdat die kwaai swelling gesak het. Sy meisie, Melissa, het haar ná die ongeluk na hom toe gehaas.

'Dit klink net vir ons vreemd dat hy van ’n dak afgeval het.'

“Dit was vroegaand – 23:00 – nie tweeuur in die oggend nie, en dit was by ’n rustige restaurant,” sê Hetta. “Dit klink net vir ons vreemd dat hy van ’n dak afgeval het. Ek ken Jannie en hy sal nie sulke kanse waag nie.

“Maar net Jannie sal weet wat regtig gebeur het, en ons kan nou net (raai).”

Hoewel hy kritiek is, het Hetta bevestig dokters sê hy sal herstel.

“Dit gaan net ’n lang pad na herstel wees. En wanneer hy wakker word en vir ons antwoorde kan gee, sal ons verder ondersoek instel.”

– Christiaan Boonzaier