Sy toestand is tans ernstig maar stabiel.

Jannie is Sondagoggend vroeg in die trauma-eenheid van ’n Johannesburgse hospitaal opgeneem met veelvuldige frakture aan sy wigbeen, nasale bene, bo-kaak en wangbeen. Sy linkerhand is ook beseer en is reeds geopereer.

Die voorval het Saterdagaandaand omstreeks elfuur tydens ’n ramparty by ’n restaurant in die Hartebeespoortdam-omgewing plaasgevind.

Die oorsaak van sy beserings is steeds onduidelik, maar vroeëre berigte dat hy van ’n dak geval het, is onwaarskynlik gegewe sy beserings. Hy is alleen buite die restaurant deur ’n sekuriteitswag aangetref. Die voorval word verder ondersoek.

Die ramparty was vir Danie Opperman, die sanger Dozi se broerskind. Jannie se meisie, Melissa-Jo Sharp, is Dozi se suster, Hanli Opperman, se dogter.

Dozi was by ’n vertoning in Rustenburg en het hom na die ongeluk gehaas toe hy daarvan hoor. Hy het saam met die paramedici daar opgedaag.

Tans weet niemand presies wat gebeur het nie en die familie sal nog verklarings uitreik sodra meer inligting beskikbaar is.

Melissa-Jo waak by hom en wil nie nou kommentaar lewer nie.

- Suzanne Venter