So lui ’n gedeelte van die inskrywing wat Janine op Facebook by die oulikste foto van hul kleinding gedeel het. 

Janine en Steve Hofmeyr het twee weke gelede klein Romy-lee verwelkom en die egpaar is in die wolke met hul bondeltjie vreugde.

"My lewe is nou volmaak en ek is dié gelukkigste vrou op aarde. Die man van my drome en 'n ONS'ie, daar's niks meer wat my hart begeer nie! Romy-lee,my prinsessie, jou mamma het so lank vir jou gewag  ek sal jou oppas met my lewe en jou in oorvloed liefhê tot die einde van dae," het Janine by die foto geskryf.

By die hartroerende inskrywing sê Janine dat sy nie woorde het om die gevoel in haar hart te beskryf nie.

Pappa Steve kon sy vreugde nie beteuel nie en het vroeër al foto's van hul skattige kleinding op Facebook gedeel.

"Ons is jaloers op foto's van haar en het besluit om dié te deel met elkeen wat omgee. Romy-lee Hofmeyr is vandag vyf dae oud en sy is sommer baie soeter as wat ons verdien," het hy by die foto's geskryf.

Die Hofmeyr-gesin is beslis in hul noppies met hul skattige nuwe familielid!