Janie du Plessis is geen onbekende vir ons Afrikaanse TV-kykers nie. Maar het julle geweet sy is boonop 'n toegewyde motorfietsryer?

En jaarliks vat sy die pad saam met talle om 'n belangrike boodskap landwyd uit te dra, veral vir kankerlyers en dit is: Vroegtydige identifisering van kanker kan bydra tot die genesing daarvan. En sy, saam met 'n groep inspirende vroue dra hierdie boodskap met musiek, dans en dialoog landwyd.

KLIK HIER of gaan na http://www.cancervive.co.za vir meer inligting