Janie du Plessis het onlangs 'n draai in Namibië gemaak en sy vat ons op 'n heerlike maltrap-ervaring wat afskop met 750 vroue in 'n tent op die strand. Romanz en Dowwe Dolla het die prentjie voltooi. Dit alles ter wille van Cancervice.

Janie is TV-persoonlikheid, joernalis, sakevrou, motiveringsspreker, kankeroorwinnaar en toegewyde ma van twee seuns

KLIK HIER of gaan na www.cancervive.co.za vir meer inligting oor hierdie besondere bewusmakingsveldtog rondom kanker

Janie du Plessis is bekend as ’n TV-persoonlikheid, joernalis, sakevrou, motiveringsspreker, kankeroorwinnaar en toegewyde ma van twee seuns. Een van haar groot passies is om mense bewus te maak van dinge waaroor hulle dikwels te skaam is om te praat, sodat dit nog hartseer en pyn in families veroorsaak. Haar positiewe uitkyk op die lewe en hoe sy die uitdagings wat oor haar pad kom aanpak en oorkom met ’n glimlag en sin vir humor, bly ’n inspirasie vir baie mense. Neem deel aan haar gesprekke hier op Huisgenoot se blaaie of gesels saam op haar facebook-blad en webtuiste.