Die Top Billing-aanbieder, Janez Vermeiren en sy model-meisie, Juliana Vasconcelos, se paadjies het geskei.

Die paartjie sou volgende jaar trou nadat hulle byna ‘n jaar lank verloof was.

“Ons het ons verlowing twee maande gelede reeds verbreek,” het Juliana bevestig.

Janez het verlede Kersfees op Tafelberg die ja-woord vir die beeldskone Juliana gevra.

“Die tyd was net nie reg nie,” het Juliana gesê. “Ons het albei besluit om die verlowing te verbreek omdat beide van ons baie rondreis vir werk.

“Ons is baie lief vir mekaar en sal steeds vriende bly.”

Janez is op die oomblik in Londen vir werk en het alle navrae na Juliana verwys.