Janet Jackson oorweeg dit glo om ’n kind aan te neem.

Die 47-jarige sangeres wil graag ma word, en het begin navorsing doen oor hoe om ’n kind van Sirië of Jordanië aan te neem. Sy het in Februarie onthul sy is verlede jaar in die geheim getroud met die sakeman Wissam Al Mana (37). Sy het die huwelikseremonie as pragtig, stil en privaat beskryf.

’n Bron het aan UsMagazine.com gesê: “Sy weet swangerskap is buite die kwessie; daarom oorweeg sy aanneming. Noudat sy oorsee woon, is sy diep geraak deur die gebeure in Jordanië en Sirië. Nie seker hoe gou dit sal gebeur nie, maar die proses is aan die gang.”

Nog ’n ingeligte het aan die New York Post se Page Six vertel Janet het al met koningin Rania van Jordanië oor die moontlikheid van aanneming gesels.