Jane Lynch

Jane Lynch het Cory Monteith gisteraand (22.09.13) by die 65ste Emmys ’n pragtige siel genoem.

Die Glee-aktrise, wat die rol van die dirigente-afrigter Sue Sylvester in die musikale trefferkomedie vertolk, het ’n huldeblyk aan haar oorlede medester gebring. Cory (31) is in Julie in ’n Kanadese hotel aan ’n oordosis heroïen oorlede. Jane het hom ’n wonderlike mens genoem, wie se dwelmverslawing tot sinnelose verwoesting gelei het.

Sy het gesê: “Cory was ’n pragtige siel. Hy was, soos baie van ons hier vanaand, nie perfek nie. Sy dood is ’n tragiese herinnering aan die hebsugtige, sinnelose vernietiging wat dwelms teweegbring.

“Ons onthou Cory vanaand vir alles wat hy was en rou oor alles wat hy kon gewees het. Aan ’n geslag wat so lief was vir Cory, weet asseblief hierdie talentvolle en wonderlike jong man was jul liefde werd.

“En as jy gelukkig genoeg was om Cory te ken soos ons hom geken het, met sy wonderlike humorsin, medelye en vrygewigheid, belowe ek julle, sou julle hom selfs liewer gehad het.”

Adam Klugman, Jack Klugman, die oorlede Odd Couple-akteur, se  seun, het die huldeblyk aan Cory gekritiseer kort voor die seremonie begin het. Hy was ongelukkig omdat hulde aan Cory gebring is en nie aan sy pa, wat verlede Desember oorlede is nie. Adam het gesê: “Hulle vier hierdie tragedie wat Cory oor homself gebring het, pleks dat hulle my pa, wat drie Emmys gewen het, sê lewe vier. Cory Monteith het nooit ’n Emmy gewen nie.”

- Bang Showbiz

LEES MEER:

Cory Monteith wou hê sy vriende moes gelukkig wees

Jane Lynch: Cory-huldeblyk is pragtig

Glee: Geen oordosis vir Cory se karakter