Jane Fonda het aanvaar dat seks op haar ouderdom “beplan” moet word.

Die 77-jarige aktrise takel die onderwerp van veroudering in haar nuwe drama, Youth. Dit gaan oor twee ou vriende – een het reeds afgetree en die ander een werk nog. Dit het veroorsaak dat Jane haar eie situasie in oënskou geneem het en sy erken dat dinge deesdae 'n bietjie meer gekompliseer is.

"Op my ouderdom moet selfs seks beplan word!” het sy laggend aan die Duitse tydskrif Meinz beken. “Mans moet sekere pille op die regte tyd drink – anders gaan dinge nie uitwerk nie!”

Hollywood word lankal beskou as 'n bedryf wat ’n obsessie met jeugdigheid het. Dit is iets wat die aktrise alte graag sal wil verander.

"Oor ’n paar jaar sal ’n groot gedeelte van die bevolking uit ouer vroue bestaan,” was haar redenasie. “Ons wil 'n nuwe definisie aan hierdie ouderdom gee en wil rolprente en die televisie gebruik om hul stories te vertel."

Haar Netflix-reeks, Grace & Frankie, vorm vir seker deel van hierdie beweging. Die storie gaan oor twee vroue wat sukkel om die feit te verwerk dat hul mans ontpop het as gay en met mekaar ’n verhouding aangeknoop het. Dit beklemtoon die lewens van ouer pare, iets wat dikwels afgeskeep word ter wille van die dramas van die jeug.

"Net omdat jy 'n sekere ouderdom bereik het, beteken dit nie dat jy nie meer 'n sin vir seksualiteit het nie,” het Jane gesê. “Ek sou só graag hierdie taboe wou afbreek.”

Jane het selfs 'n boek geskryf - "Prime Time: Love, health, sex, fitness, friendship, spirit - making the most of all of your life" - waarin sy 'n hele hoofstuk aan seks wy.

Bewonderhaars kan haar binnekort sien in Youth, waarin Michael Caine en Rachel Weisz ook speel.

© Cover Media