DIE voordeur swaai op ’n skrefie oop.

Deur die opening loer die bekende krulkop na buite.

“Ek hoop jy hou van honde,” groet die aktrise Jana Strydom met Dusty die Franse bulhond opgewonde om haar voete.

Maar in hierdie huis kraai Dusty nie meer koning nie – klein Ohan (6 maande), Jana en Hannes Kruger se eersteling, is nou die onbetwiste heerser.

Die seuntjie sit heel gemaklik op sy 30-jarige ma se heup toe sy die deur van hul huis in Lonehill, Johannesburg, oopmaak, so asof hy nog maar altyd daar was. Jana se gelaat versag toe sy hom voorstel.

Die knapie wat haar en Hannes (33) se lewe die afgelope ses maande behoorlik onderstebo kom keer het, het haar die grootste van alle geskenke besorg: moederskap.

En daarmee saam ’n onbeskryflike vrede.

Moet net nie dink alles het sommer dadelik klopdisselboom gegaan nie, vertel sy jou gou.

Sien die foto’s van Jana en klein Ohan en lees die volledige storie in die Huisgenoot van 3 Februarie 2011.