Die Swartwater-aktrise Jana Strydom is gister deur ’n boerboel gebyt terwyl sy met haar twee honde en kinders gaan stap het.

[caption id="attachment_69623" align="aligncenter" width="600"]“Raai wie se pinkie is gister deur ’n hond afgebyt..#ouch!” het Jana Strydom op Facebook geskryf. “Raai wie se pinkie is gister deur ’n hond afgebyt..#ouch!” het Jana Strydom op Facebook geskryf.[/caption]

“Raai wie se pinkie is gister deur ’n hond afgebyt..#ouch!” het sy op Facebook geskryf by ’n foto van haar hand se X-straal.

Sy het op Facebook vertel hoe sy, haar kinders en hul honde ’n seuntjie op ’n fiets met twee boerboele teëgekom het.

Sy sê sy het te laat besef die boerboele is nie op leibande nie en die een het haar hond, Dusty, aangeval.

“Toe ek omdraai, toe is die hond op Dusty. Hy het haar opgetel met sy mond en heen en weer geskud.

“Ek móés net vir Dusty help.”

Jana se hand is raakgebyt toe sy Dusty probeer help het.

Sy het vroeër vandag op Twitter gesê sy wag om teater toe te gaan en ’n foto gedeel van haar hospitaalbandjie wat sê sy het ’n gebreekte pinkie.

“#badboerboel” het sy geskerts.

[caption id="attachment_69620" align="aligncenter" width="450"]Jana het dié foto op Twitter gedeel en gesê: "In hospitaal, wag om teater toe te gaan..." Jana het dié foto op Twitter gedeel en gesê: "In hospitaal, wag om teater toe te gaan..."[/caption]