'n Wolk rook hang in die lug en die geknetter van ’n gesellige braaivleisvuur verbreek die vroegaandstilte van die Klein-Karoo.

Jan Scannell staar na die vlamme, knyptang in die hand.

Jy ken hom dalk beter as Jan Braai, een van Suid-Afrika se passievolste, eksentriekste en uitdagendste braaiers. Hy het immers al die wêreldrekord vir dié nieamptelike nasionale sportsoort gehou nadat hy in 2010 ’n uitmergelende 28,5 uur voor die kole gesweet het.

Deesdae is Jan ’n volksheld met sy eie TVprogram, Jan Braai vir Erfenis, en ’n eie resepteboek, Vuurwerke, of soos hy dit noem: die Kook en Geniet van braai.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Pinterest.