James Wharton, ’n openlike gay lid van die weermag, het in Out in the Army geskryf die koninklike (28) het hom gered toe medesoldate hom wou aanval en die skuldiges boonop gewaarsku hulle sou gedissiplineer word as hulle nie ophou nie.

Maar hy wil nou na die prins uitreik nadat hy onder skoot gekom het omdat hy sy en Harry se privaat gesprekke bekendgemaak het.

Hy het aan die koerant The Times gesê: “Ek stuur ’n beleefdheidsbriefie. Ek het besluit ek moet op ’n manier jammer sê.”

Tog is James (26) nie spyt hy het Harry se heldhaftige ingryping bekendgemaak nie. “Ek weet nie. Ek is nie jammer nie,” het hy gesê.

Elders in die boek bespreek James privaat gesprekke met die prins, onder meer dat Harry onthul hoe hy sy maagdelikheid verloor het, hom oor gay wees uitvra en ’n vloekwoord gebruik.

James hou vol hy het oor sy vriendskap met Harry geskryf om volkome eerlik oor sy tyd in die gewapende magte te wees.

Hy het verduidelik: “Vir my was die vier weke wat ek saam met die prins deurgebring het die hoogtepunt. Ek sou myself ’n oneer aandoen as ek voorgee dit het nie gebeur nie.”