In die pers word die hertogin van Cambridge gereeld as die mooiste koninklike bestempel. Sommer met die intrapslag van haar toetrede tot die koninklike gesin in 2011 het sy selfs manlief se ma, Diana, verbygesteek in ’n meningsopname wat deur beautifulpeople.com gedoen is. (Terloops, tydens dieselfde opname het prins William vyfde op die lys van mooi manne beland.)

Vir talle is Kate ’n inspirerende styl-ikoon en waarskynlik die enigste koninklike wat met dieselfde toegeneentheid as Diana, die prinses van harte, bejeën word. Maar eensklaps is Kate onttroon as die mooiste koninklike – en dit deur ’n delikate en betreklik onbekende 20-jarige genaamd dame Amelia Windsor; altans, onbekend tot sy op die voorblad van die Britse tydskrif Tatler asems weggeslaan het.

Amelia is die kleindogter van koningin Elizabeth II se neef, die hertog van Kent. Sy is redelik laag op die ranglys van troonopvolgers (no. 36), maar sy kan beslis nog die topplek op glansblaaie beklee.

A photo posted by @gabrielfedeles on

 

A photo posted by @gabrielfedeles on
Die tydskrif, wat ook die “sosiale bybel” genoem word, het agt jaar laas ’n koninklike op die voorblad gehad: prinses Eugenie, dogter van prins Andrew en Sarah Ferguson, toe sy 18 jaar oud geword het.

Bronne: prnewswire.com, aol.com, aww.com.au, instagram