Onthou julle die akteurs James Franco enSeth Rogen gekskeerdery met Kanye West se musiekvideo Bound 2 saam met sy verloofde, Kim Kardashian? Wel, die twee maak weer so; hierdie keer met Kimye se Vogue-voorblad! “Seth! Lief vir jou, hond!” het James (35) by die foto op Instagram geskryf.

Seth het op Twitter bygevoeg: “Dit moes gedoen word.”

Ons is ook dol oor Kermit en Miss Piggy se parodie waarin hulle Vogue herdoop tot “Vague”.

En Kim se jonger susters, Kendall en Kylie Jenner, het ook nie op hulle laat weg nie, en ook met die voorblad gespot!

Ektra bron: Justjaredjr.com 

article-2589353-1C8FFB5700000578-273_634x885 miss-piggy-kermit-spoof-kim-kardashian-vogue-cover