Dit beloof om een die grootste aksie-prent van die jaar te wees. As lusmakertjie is die film se eerste lokprent onlangs vrygestel.

Dit gee nie veel van die storielyn se geheime weg nie. Ons weet klaar dat die gebeure in Spectre direk volg op die voorafgaande Skyfall met James wat nou moet baasstaan vir sekere “geheime” wat in sy voormalige woning gevind is.

In sy poging om sy verlede te ontsnap, kom James Bond van aangesig tot aangesig met die vreesaanjaende Spectre-organisasie. Ons sal maar moet wag en sien wat volgende gebeur!

Spectre skiet tans nog in eksotiese plekke soos Mexico-stad en Oostenryk. Die beeldskone Monica Bellucci speel een van die Bond-dames en onder andere Ralph Fiennes en Ben Whishaw keer terug om weer onderskeidelik die nuwe M en Q te vertolk.

Dit word 6 November vrygestel.