Big Concerts het vanoggend bevestig James gaan in Februarie volgende jaar in Kaapstad en Johannesburg optree as deel van sy Moon Landing-wêreldtoer.

Die kaartjies vir die Kaapstad-vertoning is al van Maandagoggend om negeuur beskikbaar en die kaartjies vir die Johannesburg-vertoning kan van Dinsdagoggend om negeuur gekoop word. Klik hier vir meer inligting.

Dié wêreldbekende sanger het al verskeie pryse ontvang en is vir vyf Grammys benoem. Hy is bekend vir die liedjies You’re Beautiful, Goodbye My Lover en Carry You Home.

Moon Landing is sy vierde album. Loer ’n bietjie hier om te sien wat hy oor die album te sê het:

- Janine Nel