’n Man van Nigerië het in die hof verskyn nadat hy glo ’n 22-jarige man vermoor en begrawe het omdat hy die jong man daarvan verdink het dat hy ’n liefdesverhouding met sy dogter het.

gun

Volgens die Daily Post het Godwin Elewana in Maart 2015 vir Douglas Ijugbo vermoor nadat hy vermoed het dat Douglas ’n affair met sy dogter het.

Maar in ’n petisie wat die oorledene se pa aan die polisie oorhandig het, sê hy sy “seun het nie ’n affair met die verdagte se dogter gehad nie, maar dat die verdagte se dogter hom geld vir ’n mini-skootrekenaar geskuld het”.

Die aanklaer Amaja Eneji het die verdagte as ’n baie “gevaarlike man” beskryf wat vir Douglas agternagesit het nadat hy hom gewaar het, waarna hy hom in die been en arm geskiet het. Amaja het verder gesê die verdagte het ná die moord op Douglas na die plaaslike polisiekantoor gegaan waar hy met ’n polisiebeampte gekonkel het om die oorledene te begrawe.

Onder die bewysstukke wat aan die hof voorgelê is, was twee gebruikte patroondoppies, een kapmes en ’n dubbelloopgeweer wat na bewering op die moordtoneel gevind is. Daar was ook vyf haelkorrels wat tydens ’n lykskouing in die oorledene se liggaam gevind is.

’n Man van 58 jaar is in 2016 deur ’n woedende skare vermoor en sy huis is aan die brand gesteek nadat hy sy dogter se kêrel doodgemaak het .

Nigeriana.com berig die woedende pa het die 18-jarige seun vermoor nadat hy hom met sy dogter betrap het. Dit was nadat hy hom gewaarsku het om van haar weg te bly.

Joseph Macharia het na bewering sy dogter se kêrel met ’n kapmes aangeval.

Bron: News24