’n Jaloerse man van Ballito wat met sy sportmotor teen sy vrou se motor vasgery het, het ook haar sitkamerstel en beddegoed opgesny, het die polisie Woensdag gesê.

Hy moes in die landdroshof op Umhlali verskyn nadat hy ná ’n huweliksrusie die afgelope naweek sy vervreemde vrou se Mini Cooper gestamp het. Die voorval het op ’n landgoed in Ballito, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

’n Onafhanklike polisiebron – asook kol. Maharaj, woordvoerder van die Umhlali-polisie – het bevestig die twee is van mekaar vervreem.

“Die man is in aanhouding en sal in die hof verskyn. Voor hy met sy rooi Toyota 86 teen sy vrou se Mini Cooper vasgery het, het hy glo haar huis geplunder en die lakens en sitkamerstel met ’n mes opgesny. Die egpaar was blykbaar uitmekaar en sy het iemand anders gesien,” sê Maharaj gesê.

’n Aanklag van kwaadwillige skade aan eiendom staar die man (34) in die gesig.

Lees ook: Twee Vrystaatse kinders sterf in geslote motor

News24 het aanvanklik berig oor die ongeluk by ’n deftige kuslandgoed toe ’n man by ’n valhek met sy sportmotor agter teen sy vrou se Mini Cooper vasgery het.

IPSS Medical Rescue sê mediese personeel is ontbied en die vrou en “en ’n derde party” het van die toneel gevlug.

Bron: News24