Die grapjas-sanger Jakkie Louw het Saterdagaand sy ernstige kant gewys toe hy voor duisende mense op een knie gesak het en sy meisie, Anel van Schalkwyk, roerend gevra het om sy vrou te word.

Die liefdesbetuiging het op die verhoog gebeur by die InniBosveldfees, Kurt Darren se verjaardagfees wat hy saam met sy musiekvriende gedeel het. Jakkie het nie net sy aanhangers nie, maar ook vir Anel, onkant gevang toe hy haar op die verhoog roep en met almal as sy getuies vra om te trou.

Huisgenoot was daar en het alles op kamera vasgevang! Kyk op volgende week se Local is Lekker hoe die 3 Pikkewyne-sanger die jawoord vra, en lees binnekort eksklusief in Huisgenoot meer oor diƩ romantiese verlowing.