Die ouerpaar se ander dogter, Liké, is al drie jaar oud.

“Kara Louw is (vanoggend) om 07:55 gebore. Sy is baie pragtig en weeg 3,38 kg,” het die Drie Pikkewyne-sanger trots getwiet.

“Anel is fine en giggel heeltyd! Dankie, Here, vir nog ’n dogtertjie!”

Hy het al sy aanhangers bedank vir hul boodskappe en ter afsluiting gegrap: “Kara het haar oë oopgemaak vir my en darem nie gehuil nie!”

– Christiaan Boonzaier