Een ding is seker: Jakkie Louw is ’n trotse ondersteuner van Suid-Afrikaanse rugby. En hy wys dit op die beste manier moontlik: met ’n splinternuwe musiekvideo spesiaal vir al die rugbyliefhebbers daar buite.

Van Toeka Tot Nou is Jakkie Louw se nuutste treffer laat die kraakharde rugbydae met Mannetjies Roux, Danie Gerber, Joost van der Westhuizen, Wynand Claassen en Naas Botha herleef.

Om nie eens te praat van legendes soos Paul Roos en Frik du Preez nie.

Jakkie se liefde vir rugby het hom hope navorsing laat doen voor hy Van Toeka Tot Nou op papier vasgepen het. Hy het ’n draai gemaak by die omvangryke biblioteekargiewe van die SAUK en met hul toestemming ’n wonderlike video vol herinneringe aan groot sportmanne en groot oomblikke vervaardig.

Dit is vir Jakkie belangrik dat hierdie rugbyoomblikke – al die drieë en skepskoppe – nie verlore sal gaan nie, maar deur video’s soos hierdie op die internet en op televisie sal voorleef.

Selfs al was jy nie ’n Bok-aanhanger voordat jy die video gekyk het nie, gaan jy gewis ’n ander deuntjie sing nadat jy Van Toeka Tot Nou gesien en geluister het!