@jakkielouw is jy reg vir jou #twitterhoud?

Bespreek vir Skouspel!

Ek is reg julle:))

@jakkielouw Hoe het dit gevoel toe jy die eerste keer jou musiek oor die radio gehoor het? #twitterhoud

Bietjie weird aan die begin, maar die gevoel van trots het later oorgevat.Dis fantasties eintlik dat hulle my liedjies wou speel.

@jakkielouw Ly jy aan hoogtevrees? #twitterhoud

Eks tot bang vir die Lost City se toring...urggg Merry-Go-Rounds se "big wheel" is my dood.

@jakkielouw Koffie of tee? #twitterhoud

Verseker Tee. Ek drink nou juis enetjie..ek dink ek was 'n boere tannie in my vorige lewe. Melktertjies ook :)

@jakkielouw Beste tyd van die dag? #twitterhoud

Vroeg in die oggend. Nie omdat ek so vroeg opstaan nie, maar omdat ek so laat gaan slaap. Lekker vars oggend lug.

@jakkielouw Wat is jou gunsteling voël? Pikkewyn of volstruis? #twitterhoud

Dit hang af. Pikkewyn in die winter en volstruis in die somer...hehe. Ek like nie van budgies nie.

@jakkielouw Wapen van keuse: watergewere of waterballonne #twitterhoud

Op koshuis was dit waterballonne.My oog was in.Op my troue het ek 'n watergeweer vasgehou gedurende my speech.Beide.

@Jakkielouw Watter motor ry jy?

'n Swart Mercedes C200 kompressor. My vriende noem dit MANDOZA (Ngalagathla) ...lol!!

@jakkielouw Het jou vrou ‘n bynaam of troetelnaampie vir jou? #twitterhoud

ja....sy noem my Silly...Julle maak my bloos...

@jakkielouw Laaste en uiters belangrike vraag: As jy kon kies, wat sou jy wees: 'n vampier of 'n weerwolf? #twitterhoud

Verseker 'n weerwolf..hulle is altyd warm.. "Its a Jacob thing.."

Volg Huisgenoot op Twitter.