Die voormalige Springbok-afrigter Jake White is Vrydag na ’n hospitaal in Parys, Frankryk, gehaas nadat hy dronk in sy kop begin voel het, berig Sport24.

Die Montpellier-afrigter ontvang tans behandeling, maar daar is geen onmiddellike bekommernis oor sy toestand nie, het die Franse rugbyklub Sondag bevestig.

Jake se span het die naweek in sy afwesigheid met ’n telling van 51-37 by Grenoble geseëvier en so geklim tot tweede aan die Top 14-leër.

Jake word aan die einde van die rugbyseisoen deur Vern Cotter van Nieu-Seeland as afrigter van Montpellier vervang.

Bron: Sport24