Jake Gyllenhaal werk graag aan selfdoen-projekte saam met sy pa.

Jake (32) hou daarvan om saam met sy regisseur-pa, Stephen, houtwerk te doen. Tog is kook sy gunsteling-tydverdryf.

Hy het op die Britse radioprogram Magic Breakfast gesê: “Ek doen graag houtwerk, ek is lief vir skrynwerk; ek vind dit op baie maniere ongelooflik moeilik, en dis waarvan ek hou. Ek en my pa het ’n hele paar dinge saamgebou; ek bring graag tyd saam met hom deur. Maar ek is seker liewer vir kook as vir enigiets anders.”

Die Prisoners-ster wil graag weer op die Britse verhoog wees. Hy was vroeg in sy loopbaan in Kenneth Lonergan se herskepping van This is our Youth. Sy spel daarvoor is geloof en het aan hom die Evening Standard se teaterprys vir uitsonderlike nuweling besorg.