Van die kunstenaars wat op die verhoog te sien sal wees, sluit in Steve Hofmeyr, Liza Brönner, Adam Tas, Gerrie Pretorius, Pieter Smith, Saarkie, Die Tuindwergies, Fredi Nest, Vaughan Gardiner, Ghapi, Beeskraal en Fanie Botha se Boereorkes.

Die fees begin om 09:00, maar die hekke by Eufees- en Smutslaan sal reeds vanaf 07:00 oop wees. Feesgangers kan hul eie opvoustoele en selfs gazebo’s saam bring.

Vir nog besonderhede, bel 086-10-200-30.

Vyf kitsfeite oor Pretoria

Gestig: In 1855 deur die Voortrekkerleier Marthinus Pretorius. Dit raak in 1860 die hoofstad van die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Eerste taalsprekers (2011-sensus): Afrikaans (47,7 persent), Engels (16,4 persent), Noord-Sotho (8 persent), Tswana (5,4 persent), Ander: (22,5 persent)

Noemnaam: Die stad staan ook bekend as die Jakarandastad na aanleiding van die duisende jakarandabome wat die strate en parke met hul pers blomme versier.

Navorsing: Sowat 90 persent van alle navorsing in Suid-Afrika word in Pretoria deur instansies soos Armscor, die Mediese Navorsingsraad en die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing gedoen.

Opleiding: Naskoolse opleiding word aan studente landwyd verskaf deur instansies soos die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit van Pretoria is in 1908 gestig as die Pretoria-kampus van die Transvaal Universiteitskollege, wat in Johannesburg geleë was.