Dit is die dag waarvan Jak de Priester al van sy skooldae af droom, die dag dat hy eindelik in ’n fliek verskyn.

Maar dié Maandag sou om ’n heel ander rede in die sanger se geheue ingebrand word: as een van groot droefenis en diepe kommer, maar ook vreugde oor gespaarde lewens.

Hy kry die tyding toe hy die middag tussen opnames aan Regardt van den Bergh se nuwe fliek, Klein Karoo, vir hom koffie maak en sy foon aanskakel.

Daar is ’n magdom oproepe en boodskappe, alles van sy familie. Hy word yskoud. Net toe lui sy foon weer.

Dis Ronél, sy suster. Daar was ’n ongeluk, sê sy.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg ons op Twitter.