‘n Yswater-storm het die wêreld getref. Mense daag mekaar uit om ‘n emmer yswater op hulself uit te gooi ter bewusmaking van MNS (motorneuron-siekte). Dis dieselfde siekte waaraan oud-Springbokrugbyspeler, Joost van der Westhuizen ly. Die week het vele bekendes, ook Joost, die koue trotseer om die uitdaging te aanvaar.

Die mooie Angelique Gerber kon ook nie die uitdaging vryspring nie. En dit nogal komende van haar kêrel, die rugbyspeler, Jacques Potgier.

Kyk hier hoe sy dit doen.

Angelique het twee ure gelede die inskrywing en video op die sosiale network, Facebook gemaak:

“Thank you Jacques Potgieter for the nomination! I challenge Inge Kramer Anzelle Louw Tascha StraussSandra Stemmet Pierre Ackermann !! You have 24 hours!! If you don't accept you have to donate money to the J9 Foundation for MND! But donate anyways!”

- Suzanne Venter