Kathy Jorrie is ’n onafhanklike prokureur wat regswerk vir AEG Live LLC doen. Sy het die kontrak vir dr. Conrad Murray opgestel om die popster se dokter te wees tydens sy beplande This Is It-konserttoer.

Kathy het ’n jurie Dinsdag meegedeel Conrad het haar tydens die onderhandelinge vertel dat hy meer as R10 miljoen per maand uit sy mediese praktyke verdien. Kathy sê sy het die inligting ses dae voor die sanger se dood op 25 Junie 2009 aan AEG Live se uitvoerende hoof oorgedra.

Michael se ma, Katherine (83), dagvaar AEG Live omdat sy beweer Conrad is op ’n nalatige wyse aangestel. AEG ontken dat hulle die voormalige kardioloog in diens geneem het.

– Sapa

sapalogo