‘n Jurie in Los Angeles het die superster Michael Jackson se persoonlike dokter, dr. Conrad Murray, skuldig bevind op 'n aanklag van onopsetlike manslag, het SkyNews berig.

Die hofsaak teen die dokter het sowat ses weke geduur.

Die jurie van sewe mans en vyf vroue het vir nege ure beraadslag voordat hulle, hul besluit bekend gemaak het.

Murray is anagekla omdat hy propofol aan Jackson verskaf het.

Lees meer hier.

Volg Huisgenoot op Twitter.